Hierdie pragtige, nuut opgeknapte 1-slaapkamer woonstel bied ruim en gerieflike verblyf in 'n veilige en rustige omgewing.
Geleë op 'n privaat erf, is dit ideaal vir 'n enkelpersoon of paartjie wat op soek is na 'n netjiese en goed versorgde woning.
Eiendomskenmerke:
? 1 Ruim slaapkamer met ingeboude kaste
? Oopplan kombuis en leefarea
? Netjiese, moderne badkamer met stort/bad
? Stoep met veiligheids tralies en ‘n wasgoedlyn
? Plek en aansluitings vir 'n wasmasjien in badkamer
? Afdakparkering vir 2 voertuie
? Voorafbetaalde elektrisiteit
? Water ingesluit tot 'n vasgestelde verbruiksbedrag
? Veilige erf met elektriese omheining en CCTV-kameras
Belangrike Voorwaardes:
• Maksimum 2 persone
• Geen troeteldiere
• Geen rokers
Hierdie woonstel bied uitstekende waarde vir geld, met ruim vertrekke, netjiese afwerkings en goeie sekuriteit in 'n gewilde woonarea.
Kontak ons vandag om 'n besigtiging te reël.