Reebok, Mossel Bay, Western Cape ID 825123
House
3.0
4
391m2
672m2
Indien jy opsoek is na 'n lekker woonhuis met ruim vertrekke, met pragtige see uitsig en heerlike winter son, dan mag hierdie huis geskik wees vir julle. Met heerlike onderdak patio's en balkonne aan beide kante asook 'n binne-braai, is onthaal tyd met familie en vriende verseker 'n fees. Die groter familie kan gemaklik in hierdie huis woon sonder om in mekaar se spasie te wees. Dit is ook stap afstand na die Reebok strand waar die walvisse heerlik baljaar. Op grondvlak bied die huis die hoofslaapkamer met en-suite badkamer plus 'n 2de slaapkamer en gaste badkamer. Saam met dit is daar die ruim, goed toegeruste ooplan kombuis, eetkamer en 'n familiekamer. Die skuifdeur lei na die onderdak patio aan die see se kant met mooi uitsig. Aan die noordekant is 'n rustige groen gedeelte wat nie ontwikkel word nie. Op die boonste vloer is die ander 2 slaapkamers met 'n badkamer, nog 'n familiekamer, die aparte braaikamer en balkonne aan beide kante. Van die boonste balkon af is die see uitsig amper 180 grade. Moenie wag om saam met ons na hierdie waardevolle woning te kom kyk nie.
Zenith Real Estate National
Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.
Property Not Available? Report it