EKSKLUSIEWE MANDAAT - DIE OOG AFTREELANDGOED".
Jou Nuwe Tuiste in die Natuur – 'Jou eie stukkie Bosveld paradys !!!
Op soek na 'n besondere aftreewoning waar rustigheid, natuur en gemaklike leefstyl bymekaar kom? Hierdie bekoorlike grasdakwoning in Die Oog Aftreelandgoed bied die ideale geleentheid om die Bosveld-leefstyl ten volle te geniet.
Die woning is besonder goed geleë, met 'n uitsig oor oop ruimtes naby die waterloop en gevestigde bome wat 'n rustige en natuurryke atmosfeer skep. Hier kan die wild rustig loop en jy neem die waar van uit jou kuier lapa.
Een van die groot hoogtepunte is die privaat lapa met ingeboude braai. Met skuifdeure vanuit die sitkamer vloei die binne- en buiteleefruimtes gemaklik inmekaar. Dit skep die perfekte kuierplek waar familie en vriende na hartelus onthaal kan word terwyl jy die natuurskoon om jou geniet.
Eienskappe van die woning:
2 Gerieflike slaapkamers, elk met sy eie en-suite badkamer.
2 Badkamers, elk met stort, wasbak en toilet.
Ruim sitkamer met toegang tot die lapa.
Knus en praktiese kombuis.
Voldoende ingeboude kasruimte.
Ekstra vertrek, ideaal as 'n tuiskantoor, stokperdjie- of studeerkamer.
Privaat lapa met ingeboude braai.
Hondvriendelik.
2 Motorafdakke.
Geniet die geriewe, sosiale aktiwiteite, swembad en selfs toegang tot
Die Oog" se eie wildskamp!!
Skakel jou All About Homes" agent vandag vir meer inligting en vir
besigtiging.