EKSKLUSIEWE MANDAAT - Netjiese en ruim 2-Slaapkamer, 2 badkamer (1 en-suite) Woning in die Natuur by Die Oog Aftree Landgoed
Hierdie pragtige 2-slaapkamer, 2-badkamer woning is geleë in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed in Naboomspruit (Mookgophong) en bied 'n unieke leefstyl waar rustigheid, natuur en gerief saamvloei.
Een van die grootste voordele van hierdie besonderse eiendom is die ligging. Die woning grens aan 'n Boskamp, wat jou die gevoel gee dat jy deel is van die natuur, terwyl jy steeds die veiligheid en gerief van die landgoed geniet. Wild soos rooibokkies, bosbokkies, Njalas besoek die area gereeld, terwyl die vrolike voëllewe en ander Bosveld-inwoners elke dag deel vorm van hierdie rustige omgewing.
Die eiendom beskik oor 'n pragtige binnetuin wat met groot sorg ontwerp en gevestig is. Vanaf die ruim stoep met ingeboude braai geniet jy 'n rustige uitsig oor die kleurvolle tuin – 'n heerlike plek om te ontspan, familie te onthaal of eenvoudig die Bosveld-atmosfeer in te neem.
Die voordeur lei na 'n ruim oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis waar natuurlike lig en sagte roomkleurige afwerkings 'n moderne, warm en ruim gevoel skep. Die kombuis is afgewerk met elegante granietwerkblaaie en bied 'n praktiese uitleg wat ideaal is vir die alledaagse lewe sowel as onthaal.
Links van die woning is die ekstra ruim motorhuis wat nie net voldoende plek vir jou voertuig bied nie, maar ook ruimte vir 'n wasmasjien, tuimeldroër en addisionele berging.
Die gang lei na die slaapvertrekke. Aan die linkerkant is die netjiese gastebadkamer, terwyl die tweede slaapkamer aan die regterkant geleë is en 'n rustige uitsig oor die pragtige tuin bied. Aan die einde van die gang is die ruim hoofslaapkamer waar groot vensters die tuin en natuurlike lig na binne bring. Die en-suite badkamer voltooi hierdie privaat hoofsuite en dra by tot die gevoel van luuksheid en gerief.
Die eiendom beskik verder oor 'n ekstra lang afdak wat uitstekende beskerming vir jou voertuig bied.
Aan die agterkant van die woning, met uitsig oor die Boskamp, is nog 'n geboude braai waar jy in alle rustigheid die Bosveld kan geniet. Hierdie area is die ideale plek om soggens saam met 'n koppie koffie die voëllewe dop te hou of saans die stilte van die natuur te ervaar.
Die Oog Aftree Landgoed is een van Suid-Afrika se mees gesogte aftreebestemmings en bied 'n veilige, toegangsbeheerde leefstyl met uitstekende fasiliteite, aktiewe sosiale geleenthede en professionele ondersteuningsdienste wat deur die SAVF (Suid-Afrikaanse Vrouefederasie) beskikbaar gestel word. Die voortdurende uitbreiding en ontwikkeling van die landgoed bevestig die groot aanvraag en uitstekende beleggingswaarde van hierdie unieke Bosveld-gemeenskap.
Vir natuurliefhebbers is hierdie woning 'n droom wat waar word. Geniet kilometers se staproetes deur die privaat natuurreservaat waar jy gereeld wild soos kameelperde, koedoes, rooibokke, blesbokke en 'n groot verskeidenheid voëlspesies kan bewonder. Hier leef jy in harmonie met die natuur sonder om op veiligheid, gerief of gemeenskap in te boet.
Eiendomskenmerke:
2 Ruim slaapkamers
2 Badkamers (hoof en-suite)
Oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis
Granietwerkblaaie
Stoep met ingeboude braai
Pragtige, gevestigde binnetuin
Ekstra ruim motorhuis
Plek vir wasmasjien en tuimeldroër
Ekstra lang afdak
Tweede ingeboude braai met uitsig oor die Boskamp
Geleë teen die Boskamp vir maksimum privaatheid
Veilige, toegangsbeheerde aftreeleefstyl
Natuurreservaat met staproetes, wild en volop voëllewe
Hierdie is meer as net 'n woning – dit is 'n Bosveld-leefstyl waar natuur, rustigheid en veiligheid elke dag deel van jou lewe word. Kontak my vandag nog om 'n privaat besigtiging te reël en ontdek self waarom hierdie besonderse woning een van die mooiste liggings in Die Oog Aftree Landgoed geniet.
Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.