Pragtige 1 slaapkamer Grasdak Eenheid te Koop in Die Oog Aftree Landgoed – Perfek vir Ontspanning en ’n Aktiewe Leefstyl
Hierdie netjiese en goed versorgde eenheid is ideaal vir die enkel persoon of paartjie (50 jaar en ouer) wat op soek is na ’n rustige, veilige leefstyl in die natuur. Geleë in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed, bied hierdie woning ’n unieke geleentheid om af te skaal sonder om op leefgehalte in te boet.
Die oopplan-leefarea sluit ’n sitkamer, eetarea en praktiese kombuis in. Die slaapkamer is ruim genoeg vir ’n dubbelbed of twee enkelbeddens, en is toegerus met ingeboude kaste. Die badkamer is gerieflik naby die ingang geleë. Alles is uitstekend onderhou en gereed om in te trek.
Wat hierdie eenheid besonders maak, is die toekomstige uitbreidingsplan wat reeds bestaan – ’n goedgekeurde ontwerp om die eenheid te vergroot na ’n 2 slaapkamer, 2 badkamer huis, met een en-suite. Die ruim erf en pragtige uitsig bied die perfekte geleentheid om ’n stoep aan te bou waar jy soggens met ’n koppie koffie die voëllewe, wild en asemrowende sonsondergange kan bewonder.
Die oord self bied ’n ongeëwenaarde leefstyl vir aktiewe afgetredenes. Aktiwiteite sluit in:
Staproetes in die natuurreservaat
Jukskei, lyn- en stoelpilates, MAP- en wateraërobiese oefeninge
Sosiale samekomste in die warm swembad – selfs tot laat in die aand
’n Vriendelike gemeenskap met ’n sterk gevoel van samehorigheid
Die nuwe ontwikkeling in die oord – ’n SAVF-ontwikkelde mediese sentrum met ’n Alzheimer- en Demensie-eenheid, asook ’n 127-bed sorgeenheid – verseker gemoedsrus vir die toekoms.
Moenie hierdie geleentheid misloop om deel te word van die unieke leefstyl wat Die Oog bied nie.
Skakel my vandag nog vir ’n afspraak en kom ervaar self die rustigheid en warmte van hierdie besondere eenheid.