Mookgopong Rural, Mookgopong, Limpopo ID 1229831
Garden Cottage
1.0
2
Hierdie knus, rietdak-eenheid bied alles wat jy nodig het vir ‘n rustige en gerieflike aftreebestaan. Met 2 slaapkamers, 1 badkamer (met ‘n stort), en ‘n oopplan kombuis en eetarea, is dit die ideale plek vir eenvoud en gemak. ‘n Ingeboude inverter verseker dat jy nie hoef te bekommer oor kragonderbrekings nie, en ‘n beskutte stoep nooi jou uit om die rustige omgewing te geniet. Een toegewyde parkeerplek is ook ingesluit. Die Oog is veel meer as net ‘n aftreeoord – dit is ‘n lewenstylbestemming. Met uitstekende geriewe soos verhitte swembad, tennisbane, ‘n boulveld, staproetes, en wild wat vrylik tussen die huise beweeg binne die beveiligde natuurreservaat, leef jy elke dag met vreugde en vryheid. Daar is ‘n aktiewe gemeenskap met verskeie groepsaktiwiteite soos lyn-dans, jukskei, fietsry, tafeltennis, swem, ‘n waterglybaan, pooltafel en selfs minigholf. Die oord bied ook ‘n 24-uur sorgsentrum vir gemoedsrus, ‘n eetsaal waar smaaklike maaltye daagliks bedien word, asook ‘n klein winkel vir daaglikse benodigdhede en maklike wegneemetes wanneer jy iets vinnigs wil hê. Hierdie eiendom is ‘n uitmuntende keuse vir dié wat hul goue jare in vrede en styl wil leef – omring deur natuur, aktiwiteite en moderne geriewe. Moenie hierdie wonderlike geleentheid misloop nie – kontak die eiendomsagentskap wat aangewys is as dieBeste Residensiële Eiendomsagentskap in Suid-Afrika vir 2024. Jou nuwe huis wag op jou in Die Oog!
eXp Realty
Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.
Property Not Available? Report it