Grootte 69.6ha
41ha ingelyste water uit die Lorwa skema.
Twee boorgate wat gebruik kan word indien nodig.
Kwota by Lutzville kelder van 548 ton.
Eiendom bestaan uit 6 persele wat gesamentlik verkoop word.
50ha aangeplante wingerd wat bestaan uit verskeie gesogde kultivars.
Plaas beskik oor drie opgaardamme 20 000, 4800,1200 kub. onderskeidelik, wat gevoed word uit die kanaal.
Twee pompkamers
4 Eskom kragpunte
10kw Sonkrag stelsel
Plaas beskik oor netjiese, ruim 3 slaapkamer woonhuis met 4 motorhuise.
Tweede woonhuis bestaan uit 3 slaapkamers met dubbel motorhuis.
Twee store van 600 vkm en ‘n gifkamer.
Die eiendom beskik oor goeie kwaliteit grond en water wat dit uiters geskik maak vir die kweek van groete of ander gewasse.
Hierdie is ’n produserende plaas en die voornemende koper kan net instap en boer.
Besigtiging streng per afspraak.