Kromdraai, Swartwater, Limpopo ID 1255615
4.0
6
117000m2
Daar is 2 chalets en die hoof huis. Die 2 chalets is ruim en aan mekaar vas. Elke chalet bestaan uit een groot vertrek en het elkeen 'n aparte badkamer wat bestaan uit n stort ,wasbak en toilet. Die chalets het sonkrag geysers. Die hoofhuis bestaan uit 'n kombuis, 4 slaapkamers en 2 badkamers elk met n bad, toilet en wasbak . Die kombuis en badkamers word bedien deur 2 elektriese geysers. Dan is daar nog nog een groot toegeboude stoepkamer met net diefwering voor die vensters. Word tans as slaghuis gebruik. Die huis het verder n ingang portaal en groot sitkamer. Die voor stoep en agter stoep is beide onder dak. Daar is ook n Boma vir vuur maak en 'n klein splash pool . Daar is 2 groot buite geboue: een het as n hoender coop gedien, en die ander is 'n ruim stoor kamer. Die plot het ook gevestigde naartjie en lemoenbome wat baie goed dra. Ook n paar granaat en suurlemoen bome. Daar is 2 boorgate op die plot. Net een word tans gebruik om water uit te pomp vir gebruik. Die plot gebruik 3 fase Eskom krag. Daar is +- 20 rooibokke . Drinkplek vir die wild is in die veld beskikbaar. Wildsheining is om die hele plot gespan. Planne vir die huis en al die buite geboue is beskikbaar.
Cyrus Property Brokers
Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.
Property Not Available? Report it