Ruim, gerieflike 4 Slaapkamer 3 Badkamer Huis of 'n 3 Slaapkamer 2 Badkamer Huis en 1 Slaapkamer 1 Badkamer woonstel – ideaal vir die hele gesin - Te Koop in Kleinfontein
Is jy moeg vir die besige lewe in die Stad? Kom koop ‘n eiendom in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.
Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge.
Hierdie gerieflike drieslaapkamerwoning met 'n aparte eenslaapkamerwoonstel bied die perfekte kombinasie van ruimte, gemak en praktiese leefstyl.
Die hoofwoning beskik oor drie slaapkamers, met die hoofslaapkamer en-suite, asook heelwat ingeboude kaste. Die goed toegeruste kombuis het 'n aparte opwaskamer en vloei na die oopplan-leef- en eetareas, wat 'n gesellige atmosfeer skep.
Die gerieflike stoeparea met 'n ingeboude braai is ideaal vir ontspanning en kuier saam met familie en vriende. Die eiendom bied verder dubbelmotorafdakke, 'n groot, lieflike grasperk en 'n pragtige tuin waar kinders kan speel en die hele gesin die buitelewe kan geniet.
'n Groot bonus is die aparte eenslaapkamerwoonstel! Die woonstel beskik oor 'n slaapkamer, badkamer met stort, oopplan-kombuis en leefarea, asook 'n eie stoep. Dit is rolstoelvriendelik en bied uitstekende moontlikhede vir ekstra privaatheid en onafhanklike verblyf.
Bring Ouma en Oupa saam! ?? Hier is genoeg ruimte vir die hele familie om onder een dak te woon, terwyl elkeen steeds sy eie privaatheid en gemak geniet.
'n Wonderlike geleentheid vir 'n gesin wat op soek is na ruimte, gemak en 'n eiendom met ekstra verblyfmoontlikhede.
Hierdie is 'n huis waar die hele familie tuis kan voel!
Kleinfontein is 'n eksklusiewe, Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.
Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van ‘n Aandeleblokskema. Volgens Wikipedia word ‘n Aandeleblokskema beskryf soos volg: “'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika. In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit. Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.”
Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.
Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein. Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.
Kontak een van ons agente vandag nog vir meer informasie.