Wil jy graag in die Bosveld kom aftree?
Is sekuriteit vir jou belangrik?
Hier is die huis waarna jy soek...
Voltitel, sekuriteits kompleks in Bela Bela.
Ruim 3 Slaapkamer/2 badkamer huis. (hoof slaapkamer is en suite met vol badkamer).
Lugversorger in die hoof slaapkamer.
2de/gaste badkamer met stort, wasbak en toilet).
2 x oop plan leef areas (met lugversorging) wat oopmaak op'n heerlike groot stoep met ingeboude braai wat uitkyk oor die bosveld en kleinerige lowergroen tuin.
Oop plan kombuis met aparte opwas/waskamer.
Extra ruim dubbel motorhuis met 'n netjiese studeer/stokperdjie kamer, asook 'n gereedskap/werks winkel vir DIY projekte.
Groot, aparte, karavaan motorhuis.
Kleiner afdak, ideaal vir sleepwa parkering.
Nood watertenk met hoëdruk pomp.
Besproeiing stelsel vir die tuin.
Klein kragopwekker (ingesluit).
Uitstaande kenmerke van die eiendom:
Voltitel kompleks wat beteken, lae maandelikse heffings (slegs sekuriteits heffing van R385/maand).
Lae onderhoud siersteen huis met teëldak.
Teël vloere regdeur die huis.
Veiligheids diefwering en veiligheids hekke (Trellidor).
Baie ingeboude kaste in die slaap kamers.
Dakwaaiers in elke slaapkamer, asook in die twee leefareas en op die stoep.
Alarm stelsel.
Fibre Internet geïnstalleer.
Prepaid elektriese meter.
2 Sonpanele (ingesluit).
Klein, netjiese en maklik onderhoubare tuin met besproeiing stelsel.
Klein honde word toegelaat.
Rates, Taxes (Erfbelasting) & Water = ongeveer R2300\maand.
Ideale "lock up & go" eiendom.