Modimolle, Modimolle, Limpopo ID 1268741
House
2.0
2
155m2
216m2
IDEALE BEGIN VIR JONG GESIN OF AFTREE-HUIS IN DIE BESTE AREA ’n Seldsame geleentheid in die gewilde Bosveldsig-kompleks, geleë in een van Nylstroom se beste en veiligste woonbuurte. Hierdie moderne, oopplan-tuinwoonstel bied styl, veiligheid en lae onderhoud – perfek vir jong kopers, enkelmense of aftreepaartjies wat op soek is na rustigheid en gerief. Die huis beskik oor: Twee ruim slaapkamers, beide met ingeboude kaste en geteel. Daar ís 2 badkamers (een met n stort en ander ene met n bad) netjies en gemaklik en geteel tot die dak. Groot oopplan-leefarea met teëlvloere regdeur – ideaal vir maklike skoonmaak. Stop in die garage en loop direk in die oopplan in. Melamien kombuis met baie kaste en elektriese stoof en ekstra aparte opwas area. Uit die kombuis is n bonus vertrek met glaskuifdeure wat na die buite area oopmaak met n Yo-Yo tank. Die skuifdeure het ook "bug-screens" Die ekstra vertrek is perfek vir n ekstra kantoor, buite patio of speelplek vir kinders. Die vensters in die kamers het blinders wat sorg vir koelte en privaatheid. Die hoofslaapkamer spog ook met n lugversorger asook n waaier. Die 2de slaapkamer het ook n waaier. Rond dit af met n pragtige geplaveide tuin, reg vir al u blompotte en tuinstel – ook geen gras om te sny nie! Hondjies is welkom, met jou eie privaat erfie Veiligheidshekke en kompleks-toegangbeheer bied gemoedsrus. Hierdie eiendom is propvol karakter én waarde. Stap net in – hier is niks om reg te maak nie. ’n Ware hartshuis – waar jy voëls hoor fluit, maar net ’n paar minute van dorp se geriewe af is. Moenie hierdie een misloop nie – veiligheid, ligging en prys maak dit ’n wenkombinasie.
Century 21 Bushveld
Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.
Property Not Available? Report it