’n Wonderlike geleentheid om jou eie droomwoning in die gewilde kusomgewing van Tergniet te bou! Hierdie ruim 603 m²-vakante erf, geleë in ’n netjiese en veilige ontwikkeling, bied die ideale beginpunt vir kopers wat hul eie stempel op ’n nuwe tuiste wil afdruk. Geniet die besondere kus atmosfeer, die vars seelug en die rustige omgewing wat hierdie deel van die Mosselbaai-kus so aantreklik maak.
Met die vryheid om jou eie huis te ontwerp wat by jou behoeftes, persoonlike styl en toekomsplanne pas. Dink aan rustige oggende, ontspanne kusdae en gesellige aande in die gemak van ’n woning wat spesiaal vir jou geskep is. Of dit nou jou permanente woning, ’n vakansiehuis of ’n belegging vir die toekoms sal wees – hier lê die geleentheid om jou eie droom te verwesenlik!