3000HA Vee-, Wild- en Besproeiingsplaas te koop in die Barkly-Wes distrik
Hierdie 3000HA plaas bied uitstekende geleenthede vir bees-, skaap- en wildboerdery, met waardevolle besproeiingsregte en goeie infrastruktuur.Die plaas bestaan uit 3 titelaktes en dit kan apart gekoop word.
Die plaas bestaan uit 14 weidingskampe met 4x kanaal-veesuipings. Die kampdrade benodig gedeeltelik aandag. Daar is 54HA Vaalharts-waterregte wat 3x 2-toring Agrico spilpunte voorsien. Die plaas is wildwerend omhein.
Water word voorsien deur 4 boorgate, waarvan 1x met 'n sonpomp, 1x met 'n windpomp en 1x met 'n dompelpomp toegerus is. Verder is daar 2x gronddamme, waarvan 1 met 'n 37 KVA WSD-motor toegerus is.
Verbeteringe sluit in:
- Woonhuis met 4 slaapkamers
- 3 badkamers
- Groot leef- en sitkamerarea
- Kombuis
Buitegeboue en infrastruktuur:
- Slaghuis
- Stoor
- 2x koelkamers, waarvan 1 'n kompressor het
- 7x werkershuise, waarvan 3 in goeie toestand is (geen elektrisiteit)
- Bees drukgange en laaibanke
- 3x krale vir skape en beeste
- 2x Eskom-punte van 50 KVA elk
- Kampterrein met ablusieblokke
Hierdie veelsydige plaas kombineer uitstekende weiding, besproeiingspotensiaal, wildfasiliteite en omvattende infrastruktuur, wat dit 'n uitstekende geleentheid maak vir 'n gevestigde landbou-onderneming of uitbreiding van 'n bestaande boerdery.