Commercial Property for Sale in Strydenburg Northern Cape
Commercial Property for Sale in Strydenburg Northern Cape
Commercial Property for Sale in Strydenburg Northern Cape
Commercial Property for Sale in Strydenburg Northern Cape
R 12 300 000
video
video
video

Property features

  • R 12 300 000

Property Details

4628HA Veeplaas te koop in die Strydenburg distrik

Hierdie uitgestrekte 4628HA veeplaas bied uitstekende geleenthede vir skaap- en beesboerdery in die hart van die Karoo. Die plaas beskik oor natuurlike Karoo-veld, betroubare waterinfrastruktuur en goeie drakrag.

Die plaas bestaan uit 18 weidingskampe met drade wat in redelik goeie toestand is. Daar is geen aangeplante weiding of ingelysde besproeiing op die plaas nie.

Water word voorsien deur 7 boorgate, toegerus met 1x sonpomp en 6x windpompe, wat 'n betroubare watervoorsiening vir die vee verseker.

Verbeteringe sluit in:

  • Ou woonhuis wat tans as stoor gebruik word en nie meer leefbaar is nie
  • 1x toegeboude stoor

Veefasiliteite:

  • Veehanteringsfasiliteite vir skape en beeste
  • Skaapkrale

Krag:

  • Sonkragstelsel

Ekstra's:

  • Drakrag van ongeveer 24HA per 1 GVE
  • Gemengde Karoo-veld met Gannabossie-veld
  • Bloubuffel- en Swart Angel-gras kom natuurlik op die rante voor

Hierdie veelsydige Karoo-plaas bied uitstekende natuurlike weiding, betroubare water en funksionele infrastruktuur, wat dit 'n ideale geleentheid maak vir 'n gevestigde veeboerdery of die uitbreiding van 'n bestaande landbou-onderneming.

Get in touch with Agent


For your convenience you will be automatically added to our area alerts.

Subscribe to regular
updates

Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.

Property Not Available? Report it