1174 ha Plaas Te Koop
Hierdie gedeelte vorm deel van ’n gevestigde plaas wat in drie afsonderlike gedeeltes verdeel is. Gedeelte 1 word individueel aangebied en beskik oor ’n goeie kombinasie van woon- en vee-infrastruktuur.
Die eiendom bied ’n 4-slaapkamer woonhuis met 2 badkamers, sit- en leefareas, ’n kombuis en ’n braai-area. Daar is ook 2 werkershuise en ’n ruim stoor van ongeveer 18 m × 15 m.
Vir veeboerdery beskik die gedeelte oor ’n groot klipkraal by die huis, 11 kampe, 4 damme en 4 windpompe.
’n Praktiese plaasgedeelte met bestaande infrastruktuur, ideaal vir ’n koper wat op soek is na ’n gevestigde vee-eiendom.
Kontak ons gerus vir meer inligting of om ’n besigtiging te reël.