33 Ha Besproeiingsplaas te Koop in Jan Kempdorp
Hierdie 33 hektaar plaas bied 'n uitstekende geleentheid vir produsente wat op soek is na 'n kompakte, produktiewe besproeiingseenheid in die gewilde Vaalharts-besproeiingsgebied.
Die plaas beskik oor 25,7 hektaar ingelysde Vaalharts-besproeiing, ideaal vir die verbouing van verskeie gewasse. Daar is een landkamp met 90% rooigrond en 10% swaarder grond, wat uitstekende produksiepotensiaal bied.
'n 24-uur sementdam verseker doeltreffende waterberging en verspreiding, terwyl 'n 100 kVA Eskom-aansluiting voldoende krag voorsien vir besproeiing en plaasbedrywighede.
Eiendomskenmerke:
- 33 Ha plaas
- 25,7 Ha ingelysde Vaalharts-besproeiing
- 1 x landkamp
- 90% rooigrond en 10% swaarder grond
- 24-uur sementdam
- 100 kVA Eskom-kragaansluiting
'n Ideale belegging vir die boer wat 'n produktiewe besproeiingsplaas in 'n gevestigde landbougebied soek. Kontak ons vandag om 'n besigtiging te reël.