Commercial Property for Sale in Fauresmith Rural Free State

R 6 400 000
video
video
video
video

Property features

  • R 6 400 000

Property Details

1282 ha Weiding- en Gemengde Boerdery te Koop | Fauresmith, Vrystaat

Hierdie 1 282,0906 ha plaas, is geleë in Fauresmith area met direkte toegang vanaf die openbare grondpad. Die plaas bied 'n uitstekende geleentheid vir kommersiële vee-, wild- of gemengde boerdery en beskik oor volop water, goeie weiding en uitstekende ontwikkelingspotensiaal.

Die plaas is verdeel in ses ruim kampe met jakkalsdigte buiteheinings en veedigte binneheinings, wat doeltreffende bestuur van vee moontlik maak.

Water is een van die eiendom se grootste sterkpunte. Daar is sewe boorgate met sterk water, drie windpompe wat tans in werking is, asook drie damme bestaande uit twee kleiner damme en een groot opgaardam. Die waterbronne bied uitstekende potensiaal vir verdere ontwikkeling en besproeiing.

Die terrein bestaan uit ongeveer 60% gelyk veld wat geskik is vir weiding en/of besproeiing, terwyl die oorblywende 40% uit natuurlike rantveld bestaan. Die huidige huurder benut die plaas reeds suksesvol vir besproeiing en beweiding, wat die landbouwaarde van die eiendom bevestig.

Die beraamde drakrag is ongeveer 400 tot 450 skape of sowat 100 beeste. Die plaas is ook baie geskik vir wildboerdery en is voorheen suksesvol benut vir Blouwildebeeste, Blesbokke en skaapboerdery.

Verbeterings op die plaas sluit in:

  • Beeskrale
  • Laaibank vir vee
  • Driefase Eskom-krag

Die bestaande woonhuis en buitegebou is vervalle en benodig omvangryke opknapping of vervanging, wat aan 'n nuwe eienaar die geleentheid bied om verbeterings volgens eie behoeftes te ontwikkel.

Plaas word tans verhuur, die huurkontronk word die 31 Desember 2026 verstryk,

Hierdie produktiewe Vrystaatse plaas bied 'n uitstekende kombinasie van betroubare water, kwaliteit weiding, besproeiingspotensiaal en praktiese infrastruktuur. Dit is 'n ideale belegging vir produsente wat hul boerdery wil uitbrei of 'n winsgewende landbou-onderneming wil vestig.

Kontak vandag vir besigtiging !

Get in touch with Agent

For your convenience you will be automatically added to our area alerts.

Subscribe to regular
updates

Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.

Property Not Available? Report it